From: “johannes lochner<”j_lochner@hotmail.com>
To: avdspuy@indlovu.bortech.ac.za
Copies to:
BCC to:
Subject:
Date sent: 9 March 2001
Bemindes
Gisteroggend word ek wakker en dink ek bly nog in Pung Nap Tong, maar ek het nou al geleer om tussen die Engels en Koreaans deur twee maal te vra en voor die oog van die vertaler te skryf en te onderstreep en al die gevaartekens te probeer uitkanaliseer.
So beteken “ge” byvoorbeeld sesamsade, terwyl “ke” hond beteken. Julle kan julle dus die konsternasie voorstel as my lus vir sesamsade oor my kos in ‘n restaurant die oorhand kry en ek nie die “k” genoeg “k” nie en ‘n fietse stywe en goedgemarineerde hondjie bo-op my rys, in plaas van sesamsade, kry. Want, ja, die gerug is wel waar. Hond word nog steeds in sommige Koreaanse restaurante as ‘n lekkerny bedien.
Maar om terug te keer tot die verwarrende wakkerwordery in Pung Nap Tong. Gisteraand fluister een van my engele vr my net vir ingeval jy hopeloos verdwaal of vir iemand wil aanraai om vir jou te kom kuier vra net weer vir Sok Jin waar ons nou regtig bly.
Wel, geliefdes. Dit is Pung Nap Dong. En tot môre-oggend sal dit so bly. Hou egter ‘n spasie in jul adresboeke oop vir ingeval dit miskien na Pun Njap Kon of Pun Jap Bong of iets in dier voege gaan verander.
Bogenoemde is maar net nog ‘n klassieke voorbeeld van hoe die multitalige gekommunikeerdery daarna uitsien. Die Koreane dink en praat Koreaans. Ek dink Engels en praat gebroke Koreaans en teksboek Engels en as my moer nou so af en toe suur word, uiter ek ‘n ding of twee in Afrikaans waarvoor niemand my dan sal kan dagvaar nie.
(Vir dié van julle wat van nodelose feite hou: dong, soos in die huidige Pung Nap Dong, beteken “area”. Ek neem aan dis nou dieselfde ding soos in ons townships se “zone” of ons toentertydse lokasie. Ek bly dus in Pung Nap Zone/lokasie/dong van die moederstad, Seoul, in die landsuide van Korea.)
Môre is my eerste maand volbring in Seoul. Ek voel asof ek al ‘n leeftyd hier woon en werk. Ek voel gewoonlik so oor dinge wat my hart verbly en verwarm. Wat ek werklik van die ervaring geniet, is dat my brein konstant met nuwe inligting gestimuleer word. Die taal, die kos, die kultuur, die stad en sy struktuur.
Daagliks word daar in die Engelse koerant iets spesiaals vir die foreigners geadverteer om te doen of te bestudeer of te ervaar. En baie daarvan is gratis. Dit gaan ook oor kulturele mededeelsaamheid en nie net oor die land se ekonomie verstewig nie. So jy kan tradisionele instrumente leer speel, Koreaanse volkspele leer, leer kook in Koreaans (gespeseryde kole en spinasies en spruite en ander vreemde groenteykende dinge en ‘n kaasagtige produk gemaak uit sojabone en bonewater en seegrassop en ‘n sop gemaak van sojameelkluitjies). En jy kan Koreaans gratis leer praat en kalligrafie leer en mediteer saam met die Buddhistiese monnike en potte bak en die moontlikhede is legio. Natuurlik wil ek dit alles en nog meer doen.
Ek sal maar by die mediteer begin sodat ek vinnig astraal kan transfigureer, want die afstande is soos van die Kaap tot in die Paarl tot by Clanwilliam se dam tot in Vredendal verby Lutzville.
Trots op myself het ek die eerste dag werk toe reeds ‘n bus op my eie tussen die paar miljoen Koreane deur geneem. Alles lyk aan die begin eenders. Ek kan niks lees of hoor of beluister of verstaan nie. Dit is nogal op ‘n sekere vlak besonder bevrydend, want jy weet niks van niemand se krisis of as een jou oor jou geel hare en jou meroen das en blou hemp en groen onderbaadjie onder die bolip sou bespreek nie.
Die aand wys my een kollega vir my waar die busstoppie is en of ek die pad huis toe alleen sal kan aanpak? Ja wat, sê ek, ek het dan nou vanoggend so mooi op eie stoom hier aangekom.
Maar, broeders en susters. In die nag lyk baie Koreane en Koreaanse geboue en naamlose strate wel heelwat anders. Ek klim by daardie ou busstoppie vlak voor my huis af en ek het nie die vaagste benul waar ek is nie.
Ek loop op en ek loop af.
Ek loop om die gebou waar ek seker is ek regs moet draai en dan is daar net ‘n muur en nie eers ‘n links om van ‘n regs te onderskei nie. Dan loop ek weer op en ek loop weer af en nog affer, om weer op en om die gebou te probeer loop. Dit is my eerste Koreaanse wintersnag tot laat in die koue buite. My lippe is later so uitgedroog en styf getrek, dit vorm een plat vlak met my tandvleise en die agterkant van my tong en keel. My bene het lankal enige gevoelswaarde verloor. My vingers is stokstyf en kliphard. Sou ek nou ‘n suikerkrisis ontwikkel, is daar nie ‘n druppeltjie bloed om uit hulle te forseer nie.
Vir dié wat dink dat ek as kind dalk te veel “Oom Kaspaas” in die Landbouweekblad tydens plastogkuiers op die Kliprand gellees het en nou aan ‘n oordrewe sin van oordrewendheid ly – glo my vry: ek verdwaal vir ‘n goeie drie ure en net voor een van my vingers klonk! voor my afbreek en in ‘n Koreaanse riool die stad afspoel, beloof ek my siel aan die Here as ek net nou onmiddellik ‘n oplossing vir die op- en afgelopery sonder ‘n links van ‘n regs te onderskei kan vind.
Nou moet ek nogal bieg. Klap ek my geestelike vinger in die laaste tyd, is my beskermengele op hulle poste. Die Here bederf my deur en deur. En nee, Pa, hoewel die kind nie rigtingbedonnerd is nie, dink ek ek moes die verdwaalervaring die eerste aand gehad het net om uit te vind hoe bewaar en beskermd ek werklik is.
Want waar ek ookal bel met my nuwe koorloos gekonnekteerde internetselfoon, antwoord niemand nie en die padkaartjie/blaadjie/flentertjie papier wat ek op my het om aan te dui hoe om na my kookwaterpotbed toe aangekruip te kom wat Sok Jin spesiaal vir my geteken het, is net so twee strepe wat sê: Saka Bakkery, op met dié straat in, toe nog: Pung Nap Dong, en al die pad tot by Kodak, en dan links en die tweede straat links. Ek verstaan daar niks meer van nie, want ek op en af voor Saka, maar daar is nóg Pung Nap Dong, nóg links, nóg regs.
Net voor ek die Johannes neurotiese bobbejaan agter die bevrore Koreaanse bult wil gaan haal en sien hoe ek soos Racheletjie de Beer die volgende oggend sonder die heldedaad van ‘n boetie wat ek met my dun verleefde jassie van die dood beskerm het, verkluim voor die Saka Bakkery wakker word, dink ek: bid. En ek sê net: Here, dankie dat jy nou een van my engele in ‘n Koreaanse mens laat verander en tussen die miljoene deur wat nie kan Engels praat nie hom na my toe stuur en sonder kaart of links of regs of enige idee waar dit ding of dong hom my laat verstaan en my nou onmiddllik uit hierdi koue na my kookwaterbed toe vat.
Ek loop toe hierdie Saka-winkel binne en beduie en wys flentertjie papier en so ‘n korrekte Koreaanse mannetjie skop sy skoentjies in sy winkel aan, neem my papiertjie uit my hand en loop en loop en loop saam met my deur die miljoene.
Kinderlik vol vertroue loop ek agterna.
Dan draai hy die papiertjie so en dan draai hy die papiertjie sus.
En ons loop en loop.
Tussen ons is daar ‘n woordlose gebondenheid wat die bekende klanke van sinne van bekende woorde van gemeenplasige tale te bowe gaan.
Ons loop en loop.
En skielik staan ons voor Saka met ‘n links en ‘n regs, met ‘n regs indraai in Pung Nap Dong. Dis tóé dat ek besef dat ek voor Saka Koffiewinkel en nie Saka Bakkery afgeklim het nie. Hoe moes ek nou ook weet daar’s ‘n Saka in elke dong?
Maar wat ek wel wis, is dat dit so moes wees. Dat ek nou weet ek is nooit alleen nie.
Ek wonder of ek my beskermengel om die hals mag val. Met ‘n kopknik verdwyn hy in die donkerverligte strate.
En ek stap met ‘n huppel in my hart Pung Nap Dong binne en ek weet: ek is by die huis en wil nêrens anders bly nie.
Nog nooit was ‘n kookwaterbed so warm en so mooi soos op my eerste nag, net voor middernag van die werk af, toe ek onder my Koreaanse lap, met my heup op die vloer, vas en vaster die slaap van nuutgevonde warmte en her- en weer ontdekte geloof en beskerming en onvoorwaardelike bewaring slaap nie.
Showing posts with label Korea. Show all posts

Thursday, 09 October 2008
Wednesday, 08 October 2008
Brief Twee
From: “johannes lochner<”j_lochner@hotmail.com>
To: avdspuy@indlovu.bortech.ac.za
Copies to:
BCC to:
Subject:
Date sent: 2 March 2001
Liewe vriende en familie van my hart en siel
Ek is nou drie weke in Seoul en dit voel reeds soos ‘n leeftyd.
Ek probeer nog steeds met my e-mail reise op datum kom. Dit lyk darem asof ek in die pylvak is.
Ek tik op die oomblik by ‘n internetkafee om die hoek van waar ek bly vir ‘n skamele 6 rand per uur.
Internet is besonder gewild in Korea, maar so is rook ook en daar is nie allerlei oulike rookwette soos in Suid-Afrika nie.
Ek sit dus omring deur dertig plus Koreaanse jongelinge wat kettingrook en internetspeletjies speel.
Dit is halftwaalf, Sondagaand, en vir dié van julle wat vergeet het om ‘n prettige aprilgekdag te hê: maak dit ‘n simpel en perspienk Maandag en doen alles agterstevoor en twee maal vinniger of stadiger. Doen die stadige goed vinniger en die stadige goed vinniger. Dit sal julle pas – Marida en Sanet?
Buiten vir Leah heg niemand blykbaar veel waarde aan die dag nie. En ek kan julle ook nie meer heeltemal uithelp met oornag trou-aankondigings nie, want ek blyk verby die fase te wees. Slaap gerus, Moeder.
Van slaap gepraat.
Na my kultuurskok roes afslaap, word ek met verkwikte energie wakker en dit is verstommend wat ‘n paar ure se slaap aan die menslike psige kan doen. Hoewel my onmiddellike omstandighede nog steeds rommelings van ‘n paniekaanval by my nekwerwels en ruggraat laat afrol, is ek ten minste op dié stadium in staat om myself tot kalmte te waan.
Buite het my eerste Koreaanse yskoue laatwinterdonkerte op my neergedaal en omring deur veertien plus miljoen oosterse siele het ek nie die vaagste benul waar ek my bevind nie. Sok Jin moes inderhaas iewers heen en hy los vir my ‘n paar honderd won belgeld en hy maak vir my ‘n paar Koreaanse briewe vir ingeval ek wil gaan rondloop en moontlik verdwaal en my kollegas wil bel of gaan opsoek.
Ek weet nie eens waar die voordeur van die agterdeur van ons HUIS te onderskei is nie; laat alleen gaan rondloop en die hele Korea vol op publike telefone lê. Al wat ek op die stadium te eet het, is Provitas en Bar Ones wat ek by die dosyne saam met my gevlieg het vir suikerkrisisse op pad na my toekomstige sielestad, Seoul.
Voor Sok Jin vertrek, mor ek oor toiletpapier en water en letterlike twee sekondes later is hy terug met beide, wat my laat vermoed dat die beskawing nie te ver van my ongekaart en -getransporte huidige huis en haard is nie.
Ek gaan deur ‘n paar Johannes-neuroses van moontlike lae bloedsuikeraanvalle en hoe ek die vreemde donker koue strate op en af hardloop en op Koreaans probeer verduidelik dat ek dringend suiker nodig het voor ‘n diep en lewenslange floute my gaan oorval. Is natuurlik toe weer dat ek van my twee dosyn Bar Ones in my koffer onthou – asook die feit dat ek min of meer drie jaar gelede laas ‘n lae bloedsuikeraanval gehad het.
Op daardie stadium gebeur daar ‘n effens ferm klop aan die deur.
Dit is Pieter en Pieter. Wonder bo wonder het hulle die huis weer gevind, hoewel die omgewing voorheen heeltemal aan hul onbekend was. Hulle staan soos ou familie voor my nuwe huis se deur met gasbrandertjies en botteltjies gas en komberse en kossies en vroedvroustreke uit die boonste rakke.
Pieter die ouere kloek veral oor hoe mooi die kas van ‘n huis gemaak kan word en hoe gerieflik geleë dit is en ai, die vloer is te lekker warm en ons kuier oral oor die warm tapyt en hoe beter ek al klaar na net een drie ure slaapsessie lyk en die warm Koreaanse nessie dreun in sy kosyne, so word daar gekuier.
In komplete Gemini-styl is my eerste behoefte aan ‘n telefoon. Ek wil môre begin rondloop en ondersoek na my buurt instel, maar siende dat die strate nie name het nie en dat ek niks kan lees wat wel op die geboue geskryf staan nie, wil ek ‘n selfoon op my kan dra, vir ingeval ek verdwaal, sodat ek vir Pieter of Pieter kan bel om te beduie of te kom haal. Ons maak ‘n afspraak om die volgende dag te ontmoet om Techno-Mart toe te gaan.
Dit is ‘n tegnologiese shopping mall fantasie van vyftien vloere van tegnologiese wondere van dunbesnaarde vaartbelynder rekenaar-tv-skeppings tot ysblou, skuimpiepienk, draagbare cd-spelers tot ultradun lap tops en duisende derduisende selfone.
Nie lank na die Pieters se teekoppies koud is nie, krup ek onder my monnike kookwatervloerbed in en slaap die slaap van ‘n duisend arbeiders.
Die volgende môre voel ek tien jaar jonger en ‘n paar honderd lae ligter. Johannes die Ontdekker is wawyd op en wakker.
Badtyd word die eerste avontuur in sy aller eenvoud en primitiwiteit vanuit my Westerse oog. Die badkamer is ‘n pypie met ‘n tortkop wat aan die koue en warm kraan gekoppel is. ‘n Versiersuikerpienk skotteltjie en twee dikvet plastiese skoene wat hippo’s genoem word – onnodig om te sê: ook in versiersuikerpienk – maak die res van die badtafereel uit.
Eers word al die kleertjies buite die badkamerkassie uitgeskop, dan word die pienk bakkie met water gevul, die hippo’s aangeskoffel en siedaar: gereed vir bad en ‘n paar minute later vars en skoon en verfris vir dag nommer een op Koreaanse bodem. Ja, want die aardse baddery bring my direk aarde toe. G’n ure se staan onder die stort soos by die Pan Pacific nie. G’n ure se draai in die badkamer tot alles uitgedroog en ongemaklik oorstom en jeuk-gewas is nie.
Ek geniet die eenvoudige vinnige ritueel. My lyf kry net genoeg aandag om wakker en verfris te voel. Ek voel wel so effens soos Gulliver in ‘n land waar dinge ietwat kleiner geword het.
Geheel en al wakker word ek nou manhaftig.
‘n Kooplus en rondloop-aanval kom oor my.
Ek besluit om die ingeboudekashuis meer van ‘n nessie te maak voor Pieter en Pieter opdaag. Nou waar dinge in die donker taamlik vreemd en ver gelyk het, skaam ek my vir my angsneurose die vorige aand, want, my liewe vriende en familie, ek is omring van ‘n paar honderd kafees en groenteverkopers en twee plantwinkels op die hoek en ‘n kombers-en-kussing-en-duvet-winkel en kos en kos en kos en sal ek nog ‘n maal sê: kos – ‘n skamele straat van my af.
Ek koop minerale water en aarbeie en nog vrugte en ‘n allerprettigste pienk plant. Ek hardloop met my fondse huis toe en gaan dekoreer. Ek plak Tafelberg pienk en blou en helder en mistig in die middel van die kombuis. Ek sit poskaarte van die pasontdekte Kuala Lumpur oral rond. Ek strooi robynrooi aarbeie op blou oosterse borde in die slaapkamer. Die pienk plant kry ‘n ereplekkie in die meditasiehoek vir allerhande energieë kanaliseer. Ek begin so effens asemhaal en ontdooi en ontlaai. My lippe dui nog steeds aan dat die weer daarbuite nie mee speletjies te speel is nie. Styf getrek en kurkdroog lek ons elke minuut lippies nat.
Marida se geskenk bruin en swart pakke hang bo Sok Jin se kop ten die muur. Gelukkig gebruik niemand hier klerekaste nie. Alles hang op staanders on in die oopte teen mure en kaste.
Van op die vloer slaap tot klere buite kaste hang tot kossies en water en die eenvoudige manier waarop mense om my leef, begin dinge al hoe bekender voel – asof ek in ‘n vorige lewe in Korea was. Na die aanvanklike kultuurskokmoment is ek nou aan die teenoorgestelde end. Slegs ‘n dag later en ek voel asof ek al reeds ‘n hele aantal jare hier deurleef het.
Amper donkernamiddag later daag Pieter en Pieter by die voordeur op. Ons loop in die koue lug met my stywe lippe wat styf en stywer trek. Ons neem bus so-en-so tot by punt A en stop voor ‘n allemintige gebou met die naam in geel en wit: Techno-Mart.
Op en af in die gebou en verby duisende derduisende selfone en cd-spelers en walkmans en wasmasjiene en lap tops en tv’s en rekenaars en nog cd’s en nog en nog selfone. My kop draai, maar ek maak of ek dit alles gewoond is. Ons loop goedsmoeds na enige selfoonhoek en begin selekteer en fynproe en oor en weer bespiegel en te kiwwel en redekawel om tussen derduisende selfone tot een besluit te kom.
Ek het nog altyd ‘n groot, maar groot, kwessie gehad wanneer dit by vinnige besluitneming en materiële dinge kom. Wat as dié kleur môre mooier is as dié? En wat as dié klank fyner is as dáárdie? En so aan. En so aan. En so aan.
Pieter die ouere staan en bruil hier in my nek en sê: Koop dié een. Dis splinternuut en spotgoedkoop en jy kan nie verkeerd gaan nie.
Die splinternuwe, spotgoedkope selfoon is so ‘n blokkerige silwergrys handgrote nommertjie wat pas as koordlose internet op die mark verskyn het – vir ‘n skamele R120. Ja, Dames en Here. Julle het reg gelees. ‘n R120.
In Korea gebruik van die 25 miljoen volwassenes in Suid-Korea blykbaar 23 miljoen selfone. Dié dat dit so goedkoop is. Dieselfde foon sal in Suid-Afrika min of meer R1200 kos. Nou weet ons.
Vyf minute later is ek gekonnekteer en internetkoordloos vir ‘n skamele R250. My nommer is 018 857 9966 vir ingeval iemand gek genoeg is om my teen R10 ‘n kwart minuut Korea toe te wil bel.
Ek wens ek kon vir jou ‘n selfoon stuur, Leah, maar ek dink hulle werk meestal net plaaslik. Ek het selfs een gesien in die vorm van ‘n doodskis met ‘n kruis op. Vrouens dra meestal perlemoenkleuriges en selfs goues en witroompienkes. Jonger mense het sulke piepklein wollerige hondgjies wat van hulle s’n afhang en die meeste mans dra hulle selfone aan ‘n ontwerperstou om hulle se nekke. Dink net watse fees sindikate met die hele ou spulletjie in Suid-Afrika sou hê.
Van selvloer drie tot vier tot vyf gaan ons by die strykysterrak verby en ek koop vir my so ‘n pers deurskynende nommer.
My materiële siel bevredig, keer ons terug na Johannes en Sok Jin se nessie in die tradisionele Koreaanse buurt van Pung Nap Tong in downtown Seoul.
Liefde:
Jo

Subscribe to:
Posts (Atom)